web uni tv guide

Die beste sampioen burger ooit!

03 Januarie

Braai

4

Water jou mond nie ook nou nie? 

Braai
Bestanddele

Vir die burger:

1 kg maalvleis

sout

peper

2 k cheddar kaas, gerasper

1 pakkie repies-spek

1 sopie goue stroop

4 groot bruin braai sampioene

4 hamburger rolletjies

Vir die sous:

1 sopie olyfolie

3 huisies knoffel, fyn gedruk

1 houer (250g) portebellini sampioene, gekap

1 houer (250g) eksotiese sampioene, gekap

sout

peper

1 k room

1 houer (250 g) room kaas

Metode

Kap en sny al die sampioene kleiner en verhit die olie in jou pan of potjie. Braai die uie tot sag en voeg dan die knoffel en sampioene by. Braai tot die sampioene sag en gaar is.

Voeg die roomkaas en room by en laat dit rustig prut vir ’n paar minute tot alles lekker dik is.

Braai jou spek in ’n toeklap-rooster oor die kole tot hulle gaar en bros gebraai is en hou eenkant.

Plaas ’n riffelpan op die kole oor direkte hitte sodat dit baie warm kan raak. Verdeel jou maalvleis in 8 hopies en probeer om die vleis nie te veel te hanteer nie. Jy wil oop stukkies tussen die maalvleis hê en los stukkies, dit voeg ekstra smaak en brosheid by die burgers.

Braai jou groot braai-sampioene oor warm kole tot hulle sag is, maar steeds ferm.

Gooi ʼn bietjie olie op jou riffelplaat en plaas die hopies vleis op die plaat. Gebruik jou metaal spaan en druk elke hopie vleis plat. Draai die burger versigtig om na 2 minute.

Plaas die kaas bo op die vleis. Plaas ook die spek in een hoek van die plaat en bedruip met goue stroop, laat die spek vir so paar minute braai in die stroop tot dit taai en bros is.

Bou jou burger deur te begin met die broodjie. Dan ʼn “Patty” met kaas, daarna spek, en dan nog ʼn “Patty” met kaas. Plaas die groot braai-sampioen heel bo, en bedruip die hele burger met jou sampioensous.

Bunny Chow
Jan Braai
2019-12-10

Die Bunny Chow

Gewildste Resepte