kyknet channel logo

Varkskenkelpotjie (Eisbein) – Op pad met my potjie

01 Oktober

Braai

Joalette het dié heerlike varkskenkelpotjie, oftewel eisbein, gemaak tydens die eerste episode van "Op pad met my potjie".

Varkskenkelpotjie
Bestanddele

Gepekelde varkskenkel/Eisbein

Lourierblare

Karwysaad

Sout

Peper

Aromat

Aartappels

Sauerkraut

Uie

Jenewerbessies

Wortels

Bevrore ertjies

Water

Metode

Voeg water by die potjie, laat dit kook.

Intussen, skil die aartappels, uie en wortels en sny in groot stukke.

Voeg die varkskenkels/Eisbein by die water in die potjie. 

Voeg die uie, sout en kruie by.

Indien nodig, voeg nog water by, sodat die vleis bedek is.

Kook vir 30 minute.

Voeg die aartappels, bevrore ertjies, jenewerbessies, wortels en een houer suurkool/Sauerkraut by.

Kook vir ‘n verdere 30 minute.

Bedien en geniet.

Gewildste Resepte