kyknet channel logo

Gebraaide salm + aartapels – Nataniël.Erik.Wolf.

31 Oktober

4 porsies

Braai

Ons wys jou hoe om die luukse happie (salm) voor te berei met lekker gebraaide aartapels.

Gebraaide salm + aartapels
Bestanddele

800g klein gekookte aartappels, geskil

4 salmfilette (of forel) met vel (150g per persoon)

50ml olyfolie

2 teelepels sprietuie, gekap

2 teelepels dille, gekap

4 eetlepels crème fraîche

50g botter

seesout

grofgemaalde swartpeper

varsgebakte brood

vars radyse

suurlemoenbotter vir opdiening

Metode

Garneer salm met sout aan beide kante en hou eenkant.

 

Verhit pan met olyfolie op hoë hitte, voeg aartappels by en braai vir 2 minute.

Verwyder van hitte en brek aartappels met vurk.

Voeg grasuie, dille en crème fraiche by.

Garneer met sout en peper en hou warm.

Verhit botter in pan oor medium hitte in tot borrels verskyn.

Plaas salm, velkant na onder, in pan en braai tot goudbruin, 3-4 minute.

Draai salm om en braai vir 2 minute, verwyder van hitte en laat rus vir 3 minute.

 

Plaas aartappels en salm op opdienborde.

Drup met olyfolie en bedien met brood, radyse en suurlemoenbotter.

witboontert
Erik se witboontert – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Erik se witboontert – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte