web uni tv guide

Die Bunny Chow

10 Desember

2

Ons monde water reeds! 

Bunny Chow
Bestanddele

Vir die Bunny Chow:

1 ui, gekap

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

½ tot vars gemmer, fyn gerasper

1 houer (50g) tamatie pasta

500 g blokkies lamsvleis, sonder bene (jy kan ook hoender of groente gebruik)

1 pakkie Denny Curry Sauce (Durban, Malay of Butter)

1 heel ongesnyde brood

Vars koljander, vir opdiening

Metode

LAAT WAAI!

Verhit die olie in ’n potjie oor ’n medium-hitte vuur en braai die uie vir so 5 minute tot sag.

Gooi dan die knoffel, gemmer, masala en (opsionele) brandrissiepoeier by en braai vir 1 minuut totdat die potjie lekker taai raak. As jy in enige stadium tydens stap 1 of 2 te veel hitte in die potjie het en dinge begin brand (nie op ’n goeie manier soos ’n warm kerrie nie), gooi ’n bietjie water by om dit effens te blus – maar doen dit net wanneer dit regtig nodig is. Ons wil hê die geure moet behoorlik skroei en onverdun losgelaat word.

Gooi die sousboontjies, aartappels, wortels, water, sout en peper by en roer dan terwyl jy die potjie se bodem krap om die taai stukkies los te kry.

Sit die deksel op en laat prut oor medium-tot-matige kole vir so 30minute. Roer elke nou en dan sodat die potjie nie onder vasbrand nie. As jou beste roerpoging nie gaan keer dat die dis brand nie, beteken dit jou potjie is te droog. Gooi ’n bietjie water by, maar vat dit rustig – jy maak kerrie, nie sop nie.

Laat die potjie prut totdat die aartappels sag is. Kyk of hulle gaar is deur hulle met ’n mes of ’n vurk te steek. Sodra die aartappels sag is, is die maaltyd basies gereed. Laat prut vir ’n paar minute sonder die deksel dat die sous lekker dik kan raak. Dan is die kerrie reg en kan jy die potjie van die vuur afhaal. Proe, en voeg nog sout by indien nodig.

Sny die brood in kwarte en skep of sny dan die middel uit elke kwart – so maak jy ’n “bakkie” brood vir die kerrie. Jy is ’n basies ’n pottebakker, maar jy gebruik witbrood eerder as klei. Skep die holte in elke kwartbrood vol kerrie en sous. Bedien saam met die middelste deel van die brood wat jy uitgeskep en vars koljanderblare.

EN ... Die gewone ou ongesnyde witbrood is deesdae ietwat van ’n bedreigde spesie in deftige supermarkte. As jy van die deel van die dorp kom wat net gesnyde brood op die rakke het, dink ek jy moet eerder vir elke persoon sy kerrie bedien in die mees basiese, maar ordentlike witbroodrolletjie wat jy in die hande kan kry

_BP_1528 (1)
Jan Braai
2019-12-09

Jan Braai se nachos potjie

Gewildste Resepte