400g risotti- of paellarys
4 eetlpl druiwepitolie
2 knoffelhuisies, gerasper
1 tlpl vars gemmer, gerasper
2 tlpl fyn borrie
2 loerierblare
70g dadels
fyngerasperde skil van 1 suurlemoen
1 opgehoopte tlpl fyn komyn
30g klapperflokkies
sap van 1 suurlemoen
seesout
60g vars koljanderblare, grofgekap
60g vars kruisementblare, grofgekap
Kook rys in heelwat water tot net gaar, dreineer en laat afkoel.
Verhit druiwepitolie, knoffel, gemmer, borrie, loerierblare, dadels en skil in groot pan, laat prut oor medium hitte vir 4 tot 5 minute.
Verwyder van hitte en gooi in mengbak.
Skep rys in dieselfde pan en druk plat met lepel, laat braai oor hoër hitte tot goudbruin aan onderkant, 3 tot 4 minute (rys sal aan mekaar vassit, lig kant met spatula om te kleur te sien).
Gebruik een of twee spatulas en draai om, druk weer plat en sprinkel met komyn, braai tot onderkant goudbruin is.
Skep rys in mengbak met kruie en olie, voeg klapperflokkies en sap by, roer versigtig om te meng, maar dat rys steeds in stukkies bly.
Geur mildelik met sout en proe, roer koljanderblare en kruisement by, bedien warm of louwarm.