web uni tv guide

SMOG-burger

21 Januarie

Braai

5

Hierdie is die koning van alle burgers!

3
Bestanddele

Vir die burger:

1 sopie olyfolie

1 sopie botter

1 ui, gesny

1 groen soetrissies, gesny

1 houer sampioene, gesny

2 huisies knoffel, gekneus en opgekap

vars gemaalde sout

swartpeper

4 hoender filette

4 hamburger-rolletjies

8–12 skywe van jou gunsteling salami

1 k koppie beleë cheddarkaas, gesny of gerasper

Metode

LAAT WAAI!

Maak die sous: Verhit die olie en botter in ’n potjie of vuurvaste pan en voeg dan die ui en die soetrissie by. Soteer vir ’n paar minute totdat dit ’n lekker kleur kry en voeg dan die sampioene en die knoffel by. Wikkel dit rond en braai die hele spulletjie so totdat dit lekker lyk. Geur met sout en peper.

Sit elke hoender filet plat op ’n kerfplank en tik die dik kant liggies met ’n vleishamer, wynbottel, koekroller, kant van ’n vleisbyl – of enige ander item wat swaar en groot genoeg is. Jy wil hê die hele filet moet oral omtrent ewe dik wees omdat die vleis dan makliker is om te braai, hy beter sal lyk op jou burger en sagter sal wees om te hap. Strooi sout en peper of jou gunsteling braaisout oor elke filet. Bedruip liggies met olyfolie. Dit kan jy doen deur elke filet met olie te verf of eenvoudig ’n bietjie olie saam met die filette in die bak te gooi en die spulletjie rond te wikkel totdat al die vleis ’n olielagie om het. Braai die vleis vir omtrent 8 minute oor warm kole tot gaar. Die lekker ding van hoender filette braai, is dat jy sommer kan sien hoe die vleis se kleur van rou na reg verander.

Sny die broodrolletjies in die helfte en rooster hulle oor die kole.

Bou die burger: geroosterde broodrolletjie, skywe salami, gebraaide hoender filet, kaas met ’n goeie klompie sous oor. Wanneer jy die kaas tussen die warm hoender filet en die sous pak, sal dit begin smelt, en dis presies wat ons wil hê.

Sit die boonste rolletjie op en eet met albei hande (onlangs skoongewas).

2
Jan Braai
2020-01-08

Sjokolade- en macadamia neut fondant

Gewildste Resepte