web uni tv guide

Sjokolade- en macadamia neut fondant

08 Januarie

Braai

1

Ons monde water sommer!

2
Bestanddele

Om te bedien:

vars room of roomys

Vir die beslag:

1 eier

3 sopies botter, gesmelt

½ k melk

½ sopie vanilla

1 k bruismeel

1 sopie kakaopoeier

knippie sout

½ k suiker

2 klein plakke sjokolade (80g elk) een donker, een melk, in stukkies gebreek

Vir die sous:

1 ½ k bruin suiker

2 sopies kakaopoeier

1 ½ k kookwater

Metode

LAAT WAAI!

Maak die beslag, deel 1: In jou nommer 10-platboompotjie, klits die eier en gebruik dan jou houtlepel en meng die botter, melk en vanieljegeursel met die eier.

Maak die beslag, deel 2: Gooi nou die meel, kakao, sout, suiker en opgekapte sjokolade stukke en neute by die beslag van stap 1. Gebruik net die suiker en kakao wat vir die beslag bedoel is, nie die sous se suiker en kakao nie – dit kom eers by die volgende stap. Alles moet deeglik meng, so vat ’n houtlepel en gee jou arm werk. As jy onfiks is, kul een van jou vriende of familielede om jou te help, of koop ’n staaf-menger (dit het my lewe verander).

Maak die sous: Meng die suiker, kakao en kookwater saam totdat al die suiker opgelos het en die mengsel glad is. Giet hierdie warm sous oor die beslag wat al klaar in die pot is. Moet dit nie roer nie, giet dit net oor.

Bak: Sit die potjie se deksel op en bak vir 25 minute deur kole onder die pot te pak en ’n klompie kole op die deksel. Jou kunswerk is gereed wanneer die bokant van die poeding ferm onder jou vingers voel.

Bedien saam met vars room of roomys.

1
Jan Braai
2020-01-08

Piesang Braaibroodjies

Gewildste Resepte