02 April
4 persone
426071
Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger
Olie vir braai
1/2 Ui gekap
1 kop Kool gekerf
1/2 Rooirissie in repies gesny
1 pakkie Spek (opsioneel)
4 koppies Koue rys
1 eetlepel Sesamesaad olie
3 eetlepels Soja-sous
4 Eiers geklop
1 hand Vars Koljander
Braai die uie, kool, rooirissie en spek saam oor ’n hoë hitte tot geurig en gaar - so 8 minute.
Voeg dan die rys by en roer goed deur.
Voeg die sesamesaad olie en soja-sous saam en meng goed.
Roer die eiers deur en haal dan van die hitte af. Die oortollige hitte maak die eier gaar.
Bedien met koljander. (ook lekker met oorskiet gammon of hoender)