kyknet channel logo

Preie en vinaigrette bedien met geglasuurder salotte – Nataniël.Erik.Wolf.

26 Desember

Gebak

Het jy al hierdie gesonde, Franse dis probeer?

Preie en vinaigrette bedien met geglasuurder salotte
Bestanddele

Preie

6 eetlpls olyfolie

1 tlpl heuning

2 tlps sjampanje-asyn

1 opgehoopte eetlpl vars kruisementblare, gekap

1 opgehoopte eetlpl vars dragon, gekap

seesout

grofgemaalde swartpeper

600g preie, wortels en donkergroen dele afgesny

Salotte

500g salotte of klein uitjies

1 eetlpl botter, ongeveer 20g

2 eetlpls heuning

1 eetlpl druiwepitolie

knippie sout

blaartjies van 2 takkies vars tiemie

Metode

Preie

Plaas olyfolie, heuning, asyn en kruie in klein mengbak.

Klits totdat vinnaigrette verdik, geur met sout en peper, hou eenkant.

Stoom preie tot net sag.

Plaas op opdienbord.

Skep vinnaigrette oor.

Salotte:

Skil salotte of uitjies, behou koppe sodat dit heel bly.

Plaas uie in groot pan, bedek met kokende water en laat kook oor medium hitte tot gaar maar ferm, 12 tot 14 minute.

Verwyder salotte uit pan en klad droog met kombuisdoek.

Vee pan uit.

Verhit heuning, botter, olie en knippie sout in pan oor lae hitte.

Voeg uie by en laat prut vir 5 minute, roer gereeld.

Sprinkel met tiemieblaartjies, hou louwarm.

 

Biskopkoek – Nataniël.Erik.Wolf.
Biskopkoek – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Biskopkoek – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte