1/2 koppie Mayonnaise
1/4 koppie Volroom jogurt
1 eetlepel Kerrie poeier
Sout & Peper na smaak
2 koppies Gaar hoender
2 Groen appels gekap
2 stokke Seldery gekap
2 koppe Baby gem slaai
1 pakkie Pekkanneute gerooster & gekap
Meng die mayonnasie, yoghurt en kerrie poeier saam.
Geur goed met sout en peper.
Roer die hoender, seldery en appels deur.
Skep die slaaiblare in en bedek met neute. (ook lekker met oorskiet rys)