kyknet channel logo

Somer-lensiesop met komkommerslaai – Nataniël.Erik.Wolf.

02 Januarie

Ongebak

Geniet 'n lekker pot lensiesop, met 'n vars en verfrissende smaak.

Somer-lensiesop met komkommerslaai
Bestanddele

Slaai:

1 medium komkommer, geskil en saadjies verwyder

120g jong tamaties

10g vars pietersielie, grofgekap

1 eetlepel olyfolie

1 teelepel suiker

4 eetlepel natuurlike jogurt

grofgemaalde swartpeper

Sop:

250g groen lensies

3 eetlepel druiwepitolie

stukkie vars gemmer van ongeveer 5 cm, gerasper

2 knoffelhuisies, gerasper

1 groot ui, gekap

1/2 rooirissie, saadjies verwyder, fyngekap

2 teelepel kerriepoeier

1 l groente-aftreksel

500ml water

200g vars tamaties, geskil en gekap (of 1 blikkie tamaties)

100g jong spinasieblare, grofgekap

150ml klapperroom of klappermelk

seesout

Metode

Sop:

Plaas groen lensies in mengbak, bedek met water en laat staan vir 15 minute.

Verhit druiwepitolie, gemmer, knoffel, ui, rooirissie en kerriepoeier in groot kastrol, braai oor hoë hitte vir 1 minuut.

Dreineer lensies en voeg by, voeg ook aftreksel, water en tamaties by, sodra mengsel begin kook, verlaag hitte en laat prut vir 40 minute totdat lensies sag is.

Roer spinasie en klapperroom by, verwyder van hitte, proe en geur met sout, bedek tot voor opdiening.

Slaai: 

Kap komkommer en tamaties in ewe groot stukkies, plaas in klein mengbak en roer pietersielie, olyfolie en suiker by.

Om te bedien:

Skep sop (warm of louwarm, maar nie kokend) in individuele bakkies, skep jogurt bo-op en gebruik lepel om sirkels te maak.

Skep komkommerslaai bo-op sop, geur baie liggies met grofgemaalde swartpeper en bedien dadelik.

Vis, aartapels en sauce vierge
Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.
Sub Titel

Vis, aartapels en sauce vierge – Nataniël.Erik.Wolf.

Gewildste Resepte