19 Desember
8 tot 10 omelette van 10 cm deursnee
Vegetaries
Kan jy ook nie wag om hierdie heerlike omelet-resep te probeer nie?
5 5 medium zucchini, (ongeveer 250g), grof gerasper
1 t seesout
1 t grof gemaalde swartpeper
1 e koekmeel
2 e bruinbrood meel
2 e crème fraîche
4 eiers, geklits
3 e op gehoopte fyngekapte pietersielie
druiwepit olie
Plaas gerasperde zucchini in groot sif oor mengbak, sprinkel met 1/2 t sout, laat staan.
In tweede mengbak: meng swartpeper, koekmeel en bruinbrood meel saam.
In derde mengbak: Klits crème fraîche en eiers saam.
Voeg 2 tot 3 e eiermengsel by meelmengsel en meng tot gladde “paste”, meng nog 2 e eiermengsel by, daarna die res.
Klad zucchini droog met kombuisdoek en roer by beslag.
Roer pietersielie by.
Geur met 1/2 t ekstra sout.
Verhit paar druppels druiwepit olie in pan.
Skep 2 e beslag versigtig in pan.
Elke omelet moet net groot genoeg wees om gemaklik op ’n kleinbordjie te pas.
Braai oor medium-hitte vir ongeveer ’n minuut aan elke kant, plaas op ’n bord en hou warm.
Herhaal met res van beslag, roer beslag elke keer voordat nuwe omelet gemaak word.
Bedien met gebraaide groente.