kyknet channel logo

Vis en preie – Nataniël. Erik. Wolf

19 Desember

4 porsies

Frans

Probeer gerus om dié heerlike resep te maak!

resep ep 10 nataniel erik wolf
Bestanddele

700 g preie, gekap

80 g botter

250 ml crème fraîche

skil van ½ suurlemoen, gerasper

4 kabeljou – of stokvis filette

2 e grasuie, gekap

seesout

grof gemaalde swartpeper

Vir die sous:

40 g botter

2 e crème fraîche

1 e mosterd

Metode

Smelt 80 g botter in ’n pot oor medium hitte, voeg preie by en braai tot sag, ongeveer 15 - 20 minute.

Voeg suurlemoenskil en crème fraîche by, hou warm op lae hitte.

Smelt 2 eetlepels botter in ’n pan en braai vis, vel na onder, tot goudbruin, ongeveer 3 minute, draai om en braai vir 2 minute.

Smelt 40 g botter en voeg crème fraîche en mosterd by, meng deeglik.

Plaas preie en vis op bord, bedrup vis met sous, garneer met grasuie, sout en peper, bedien met vars heelgraan brood.

Resep ep 10 nataniel erik wolf
Mascarpone-tertjies met geroosterde druiwe – Nataniël. Erik. Wolf
Sub Titel

Mascarpone-tertjies met geroosterde druiwe – Nataniël. Erik. Wolf

Gewildste Resepte