09 Januarie
Gebak
Hierdie is ’n regte klassieke vingerhappie en word teen kamertemperatuur bedien. Daar bly heelwat crêpes oor wat later met kaneelsuiker en suurlemoensap of enige ander vulsel bedien kan word.
Crêpes
250g bruismeel
1 tlpl sout
2 tlpl suiker
3 eiers, geklits
2 eetlpl druiwepitolie
500ml melk
1 eetlpl brandewyn
ekstra druiwepitolie vir braai
Vulsel:
250g volroom roomkaas, teen kampertemperatuur
1 opgehoopte tlpl kappertjiesaad, fyngekap
1 eetlpl fyngekapte vars pietersielie
1 eetlpl fyngekapte grasuie
4 kruisementblare, fyngekap
1 opgehoopte tlpl fyngekapte dille
1 tlpl gedroogde basieliekruid
ruim knippie seesout
1/2 tlpl grofgemaalde swartpeper
Vulsel:
Plaas bestanddele in mengbak en meng tot glad en romerig, bedek en plaas in yskas tot benodig.
Crêpes:
Meng meel, sout en suiker saam, meng eiers en olie by.
Klits melk en brandewyn by.
Bedek en plaas in yskas vir 2 ure.
Verhit ’n klein bietjie olie in ’n medium-grootte pan.
Voeg 2 eetlpl deeg by pan, beweeg pan om hele bodem te bedek.
Braai oor medium hitte vir ongeveer 1 minuut.
Draai om vir ’n paar sekondes.
Om te bedien:
2 kleinerige komkommers, met groenteskiller in lang repe gesny, vermy middelste gedeelte met vloeistof.
Smeer hele oppervlak van een crêpe liggies met vulsel.
Rangskik repe komkommer bo-oor.
Rol versigtig op.
Sny in helfte of derdes en laat regop staan op opdienbord.