web uni tv guide

Kortrib en Rooiwyn Bredie

05 Julie

Braai

3

Hier is hoe om dié lekker resep self voor te berei.

shortrib and redwine tommy test
Bestanddele

1 kg Bees kortrib in groterig blokke gesny

100 g Spek klein gesny

1 Groot ui geskil en klein gekap

2 huisies Knoffel geskil en in die helfte gesny

4 Groot wortels geskil en in groot stukke gesny

1 e Tamatie pasta

500 ml Rooiwyn

300 ml Bees aftreksel

100 ml Jimmy’s sous

Sout vir smaak

Swart peper vir smaak

5 e Koekmeel

4 e Olyfolie

Italiaanse pietersielie vir smaak

Six gun speserye vir smaak

Metode
  1. Geur die meel met ’n kwart teelepel sout en ’n draadjie peper. Dompel die vleis daarin en skud die oortollige meel af.
  2. Verhit ’n pan tot warm, voeg olyfolie by en braai die vleis tot goudbruin (moenie alles op een slag braai nie, die temperatuur val te veel en die spulletjie begin stoom – ’n grys, waterige gemors waarvan jy nie eintlik kan herstel nie).
  3. Verwyder die vleis en sit dit in ’n plat boom pot met ’n deksel. Braai nou die uie en spek in die pan waarin jy die vleis gebraai het. Sodra die uie lig goudbruin is, voeg een eetlepel meel by en braai vir ’n minuut. Voeg dan die tamatie pasta en knoffel by en braai vir ’n minuut.
  4. Gooi nou die rooiwyn by en kook vir nog ’n minuut. Maak seker dat jy met al die gebraai en geroer al die wonderlike gekaramelliseerde aanbrandsel op die bodem van die pan lekker los wriemel. Dis pure geur.
  5. Voeg nou die wortels, jimmy’s sous, vleisaftreksel en ʼn kwart teelepel swart peper by. Gooi die lot oor die vleis, geur met six gun speserye, bedek en kook oor medium kole vir drie ure. Loer so af en toe of hy bietjie water nodig het. Sodra die vleis wonderlik sag is, is hy reg. Proe of hy nog sout nodig het en strooi ‘n groot handvol rof gekapte pietersielie oor.
  6. Perfek saam met kapokaartappels.
Pepper-steak-stirfry
Toks & Tjops Poster
28 June 2019

Vyf-minute roerbraai met pepers

Gewildste Resepte