web uni tv guide

Vyf-minute roerbraai met pepers

28 Junie

Braai

Kry híér die resep, soos gesien op Toks en Tjops.

Pepper-steak-stirfry
Bestanddele

Ander bestandele

1 e Groente-olie

1 e Geroosterde-sesamolie

1 e Gemmer geskil, fyn en vars

2 Groot huisies Knoffel fyngemaak

1 t Six Gun Spice

1.5 kg Sirloin in repe gesny

1 Rooi peper in repe gesny

1 Geel peper in repe gesny

1 Groen peper in repe gesny

1 Medium ui vertikaal in die helfte gesny en dan fyn gesny

0.25 k Cilantro-blare vars

3 k Gaar rys

Vir die sous

0.5 k Beesaftreksel lae-sout

0.25 k Oestersous

2 e Sojasous lae-sout

2 e Jimmy’s-sous

1 e Suiker

2 t Mielieblom

Metode
  1. Klits die sousbestanddele saam.
  2. Klits die olies, gemmer, Six Gun Spice en knoffel saam. Voeg die repe vleis by en meng deur.
  3. Berei die braai voor vir direkte kook oor hoë hitte.
  4. Plaas ‘n wok op die rooster, plaas die deksel op die braai en laat die wok vir ongeveer 10 minute verwarm. Bring al die bestanddele nader aan die braai en hou byderhand.
  5. Wanneer die wok baie warm is, plaas die sirloin-mengsel in en maak seker dat die repe nie aanmekaar klou nie. Braai oor direkte hitte, met die deksel af, tot die vleis verbruin. Dit sal ongeveer een minuut neem. Voeg die pepers en die uie by. Roer om te meng en kook vir ongeveer twee minute. Voeg die sous by, roer vir 10 sekondes, plaas die deksel op en kook tot die sous begin kook wat ongeveer een minuut sal wees. Roer die cilantro in. Haal wok van die braai af en bedien die roerbraai saam  met warm rys.
Chilli-Con-Carne-346x318 Weber Emea
Toks & Tjops Poster
21 June 2019

Chilli Con Carne

Gewildste Resepte