kyknet channel logo

Ingelegde knoffel – Nataniël. Erik. Wolf

05 Desember

Lewer 20 knoffelhuisies

Frans

'n Smaaklike manier om knoffel in te lê. 

ingelegde knoffel
Bestanddele

250 - 350 ml olyfolie

20 knoffelhuisies, skil verwyder

1 takkie roosmaryn

3 takkies tiemie

1 lourierblaar

knippie seesout

grofgemaalde swartpeper

Metode

Verhit olyfolie oor lae hitte tot klein borreltjies vorm.

Voeg knoffel en kruie by, ook knippies sout en peper.

Laat prut vir 15 - 20 minute teen baie lae hitte, verwyder pot indien olie te warm raak. Niks meer as klein lugborrels moet na bo beweeg nie.

Verwyder loerierblaar na 7 minute.

Verwyder van hitte wanneer knoffel sag is.

Skep in gesteriliseerde fles en koel af, sit deksel op.

Hou buite yskas vir ongeveer een tot twee maande.

Appelbrulee
Appelbrulée – Nataniël. Erik. Wolf
Sub Titel

Appelbrulée – Nataniël. Erik. Wolf

Gewildste Resepte