4 hardgekookte eiers
1 komkommer in repe geskil
4 teelepels gekapte dille
4 teelepels gekapte grasuie
een eiergeel
1 eetlepel Franse mosterd (of meer)
250ml sonneblomolie
1 eetlepel sjerrie, appel of rooiwyn-asyn (of meer)
seesout
grofgemaalde swartpeper
olyfolie
Plaas vier eiers in kokende water vir agt minute, haal uit en plaas in koue water vir ’n paar minute, verwyder dop versigtig.
Klits die eiergeel in mengbak, voeg sonneblomolie by en klits deurentyd met draadklitser tot egalige, vloeibare mengsel, nie te styf.
Klits asyn, mengsel sal verdun, voeg nog olie by en klits verder om weer te verdik.
Skil komkommer in lang repe, rol op en plaas staande op opdienborde.
Sny eiers in die lengte in helftes en plaas met plat kante na onder op opdienborde.
Bedek eiers met mayonnaise.
Garneer met dille, sprietuie, sout en peper.
Bedrup met olyfolie en bedien.