2 Golden Delicious-appels in wiggies gesny
2 e druiwepitolie
4 vars pruime of perskes in wiggie gesny
200 g gedroogte vye sag
2 k appelsap
3/4 k brandewyn
2 kaneelstokkies
1 knippie sout
1/4 suurlemoen sap van
1. Plaas mielieblom en brandewyn in mengbak en meng tot pasta.
2. Klits eiers by.
3. Klits 125 g roomkaas by.
4. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan.
5. Skep van die beslag in die middel van die pan totdat net die helfte van die bodem bedek is.
6. Draai pannekoek om na ’n paar sekondes.
7. Vou in helfte en lig uit pan.
8. Herhaal met res van beslag.
9. Bedien met gebraaide vrugteslaai, skyfies brie en brandewynstroop.
Vir die vrugteslaai:
1. Verhit olie in pan en braai vrugte totdat dit begin verbruin.
2. Skep in opdienbakkies.
Vir die brandewynstroop:
1. Verhit bestanddele in pan.
2. Laat prut totdat vloeistof halveer het.
3. Geur met knippie sout.
4. Skep in opdienbakkies.