kyknet channel logo

Aligot met roosterbrood

23 November

4 Porsies

Frans

3

Aligot (Franse aartappelsmeer met twee kase) was hierdie week op Nataniël en Erik se spyskaart. Kry die resep, soos voorberei in Edik van Nantes 2, hier.

EVN2-Ep07-ALIGOT-1
Bestanddele

glutenvrye brood

druiwepitolie

500 g aartappels

12 k warm melk

4 e botter

60 g bokmelkkaas

60 g emmental

seesout

grofgemaalde swartpeper

wit truffelolie

Metode

 

  1. Sny brood in repies.
  2. Borsel een kant met olie.
  3. Plaas op bakplaat met olie-kant onder.
  4. Bak in warm oond vir 'n paar minute totdat dit begin verbruin.
  5. Haal uit oond, draai om en rangskik op opdienbord.
  6. Stoom aartappels tot gaar.
  7. Maak fyn en verhit in pan, roer melk by.
  8. Roer botter by.
  9. Verwyder van hitte en roer kase by.
  10. Druk deur sif.
  11. Geur liggies met sout en peper.
  12. Skep in opdienbakkie en drup met truffel-olie.
  13. Bedien met repies roosterbrood.
Die-Groot-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
2016-11-17

Suikerkoekies vir Kersfees

Gewildste Resepte