kyknet channel logo

Varklies Burger

03 Januarie

4 porsies

Braai

Ons monde water alreeds!

Varklies Burger
Bestanddele

Vir die burger:

4 hamburger rolletjies

1 k mayonnaise

2 k koolslaai, rasper groen, pers en wortels saam

Vir die vleis:

1 k sojasous

1 k lemoensap

1 lemoenskil, geskil met ’n groente-skillertjie, nie gerasper of ge-zest nie

1 k hoenderaftreksel

1 heel steranys

1 kaneelstokkie

1 sopie vars gemmer, gerasper

½ k bruinsuiker

1 kg vark-lies (vra jou slagter vir een met ’n relatiewe dun lagie vet)

Metode

Kry ’n lekker skerp mes en kerf ’n kruis-en-dwars-patroon in die vet se buitenste laag.

Sit al die bestanddele (behalwe die vleis) in ’n vuurvaste braai bak (omtrent 5 cm diep) of jou swart potjie, sny dan net die lies in die helfte as dit nie pas nie.. Die bak moet net groot genoeg wees om jou vark-lies knussies te akkommodeer. Roer die marinade om die suiker effens te laat oplos.

Sit nou die vark-lies in die marinade met die vet kant boontoe en skep ook van die marinade bo-oor. Die vloeistof moet langs die kante van die vleis opkom, maar nie die bokant daarvan bedek nie.

Bak die vleis vir 2 uur teen 150 °C, totdat die bokant bruin en bros is en die vleis murg sag. Halfpad deur die bakproses kan jy die deksel oplig om nog van die sous in die braai bak oor die vleis te skep. 

Haal die bak van die vuur af en die vleis uit die bak. Laat die vleis vir ’n paar minute op ’n hout-snyplank rus. Reduseer intussen die oorblywende vloeistof in die bak oor lae hitte tot dit begin verdik.

Sny die vleis in skywe so 2 cm dik en plaas die stukke versigtig in ’n toeklap-rooster. Braai oor warm kole tot die stukke bruin en bros is aan die buitekant. 

Bou jou burger deur ’n groot lepel vol mayonnaise op die onderste burger rolletjie te sit. Daarna die stuk gebraaide vark-lies, bedek dit met jou koolslaai en bedruip alles met sous wat gereduseer is..

Bobotie Burger
Jan Braai
2020-01-03

Bobotie Burger

Gewildste Resepte