kyknet channel logo

Steak met chimichurri sous

03 Oktober

4 persone

Braai

'n Argentynse wenresep

Episode 14 Sirloin Steak met Chimichurri
Bestanddele

Vir die sous:

4 Rooi brandrissies ontpit & opgekap

4 Groen brandrissies ontpit & opgekap

2 huisies Vars knoffel gekneus

1/2 sopie Droë origanum

1/2 sopie Growwe sout

1 teelepel Gemaalde swartpeper

1 sopie Witwynasyn

2 sopies Olyfolie

1/2 koppie Platblaar pietersielie

Vir die steak:

Kruissnit

Sout & Peper

Metode
  1. Meng al die bestanddele vir die sous en sit dit in ’n voedselverwerker of -menger. Meng totdat die spulletjie glad en dwarsdeur ewe dik is. In teorie moet jy nou die sous in ’n bak sit met die deksel op en dan in die yskas laat rus vir minstens 2 dae, maar eintlik kan jy dit maar op dieselfde dag eet.
  2. Maak ’n reuse-houtvuur en gooi sout en peper oor albei kante van die kruissnit-steak net voordat jy begin braai.
  3. Braai oor baie warm kole vir so 8 minute altesame tot medium-rou.
  4. Laat die steak vir ’n paar minute rus en sny dan in repe met die lem van die mes teen ’n 45 grade-hoek.5.Bedruip die repe steak met die chimichurri-sous en bedien.
Empanada Braaibroodjie
Jan Braai
Sub Titel

Empanada braaibroodjie

Gewildste Resepte