web uni tv guide

Shami-kebabs

21 Oktober

Braai

Water jou mond ook? 

Shami kebab
Bestanddele

400 g Maalvleis (bees of lam of ‘n mengsel van die twee)

3 e Meel

2 – 3 Groen rissies

1 e Gekapte koljanderblare

Sout (na smaak)

2 t Rissiepoeier

2 t Gemmerpasta

1 Kaneelstokkie

1 t Kardamom-poeier

0,5 t Borrie

Olie

Metode

Om die kebabs te maak: 

  1. Meng al die droë bestanddele in ’n vysel en maal tot ’n poeier. Meng dan die maalvleis en die res van al die bestanddele in ’n bak. Verdeel in agt gelyke dele en vorm in plat koekies. Hou eenkant om te marineer.
  2. Berei die braai voor vir medium direkte hitte van ongeveer 190°C. Maak die rooster vir 10 minute met die deksel op warm.
  3. Plaas die kebabs oor die direkte hitte en braai vir 8 minute per kant met die deksel op. Gebruik ’n spaan om dit om te draai. Dit is gaar wanneer dit 70°C bereik.
  4. Bedien warm met blatjang en ui-slaai (relish).

 

Toks en Tjops Idees
Toks & Tjops Poster
2019-09-30

Gebraaide steak met bokmelkkaas

Gewildste Resepte