web uni tv guide

Piesang Braaibroodjies

08 Januarie

Braai

5

Probeer by jou volgende braai hierdie resep!

1
Bestanddele

Vir die braaibroodjie:

8 snye wit brood

botter

1 pakkie repies-spek

4 piesangs, halveer of gesny in snye

1 blok (300g) cheddar kaas, gerasper

½ k goue stroop

Metode

LAAT WAAI!

Braai jou spek in jou toeklap-rooster oor warm kole tot bros, of gebruik ʼn pan, of die onderkant van jou potjie se deksel.

Smeer botter aan die buitekant van die brood. Plaas kaas, snye piesangs en dan spek op die broodjie en bedruip dan alles met ʼn bietjie stroop.

Sit nog ʼn sny brood bo-op wat ook aan die buitekant gebotter is.

Braai die braaibroodjies oor medium hitte en kole en draai hulle gereeld tot die buitekant bros en bruin gerooster is en die kaas binne gesmelt.

Jan Braai Kappertjiesaad-potjie
Jan Braai
2020-01-07

Hoender en kappertjiesaad-potjie

Gewildste Resepte