1 koppie Gaar pampoen
1/2 koppie Meel
1 teelepel Bakpoeier
Sout na smaak
1 Eier
Olie vir vlakbraai
Kaneelsuiker vir bedien
Meng al die bestanddele behalwe die olie en kaneelsuiker goed saam.
Verhit die olie tot warm.
Braai eetlepels vol van die beslag tot gaar.
Bedek met kaneelsuiker voor jy dit bedien.