web uni tv guide

Bief-wellington

18 November

Braai

3

Ons kan nie wag om hierdie resep te maak nie! 

Beef-Wellington-029
Bestanddele

Bestanddele vir die bief-wellington

1 fillet, skoongemaak en alle senings afgesny

45 ml olyfolie

250 g sampioene

1 groot takkie tiemie

100 ml droë witwyn

12 repies spek

400 g skilferkorsdeeg, ontvries

’n bietjie meel

1 eier

Metode

Om die bief-wellington te maak: 

Berei die braai vir indirekte kook voor (220°C).

Plaas die fillet op ’n braairooster, verf met 15 ml van die olyfolie en geur met peper. Braai vir 15 minute vir mediumgaar en 20 minute vir medium. Haal van die rooster af en laat afkoel. Plaas dan in die yskas vir ongeveer 20 minute.

Terwyl die vleis afkoel, kap die sampioene so fyn as moontlik – dit moet die tekstuur van growwe broodkrummels hê. Maak 30 ml van die olyfolie en 50 g botter in ’n pan warm en braai dan die sampioene en tiemie vir ongeveer 10 minute tot sag. Geur met sout en peper en voeg die wyn by. Kook verder tot al die wyn weggekook het. Die mengsel moet sy vorm hou wanneer dit geroer word. Haal die tiemie uit en laat die mengsel afkoel.

Plaas ’n stuk kleefplastiek op ’n groot plank. Plaas die spek in lengtes op die kleefplastiek met die stukke effens oormekaar. Smeer die sampioenmengsel oor die spek. Plaas die fillet daarop. Gebruik die plastiek nou om die spek en sampioenmengsel om die fillet te vou sodat dit soos ’n wors lyk. Vou die plastiek om en hou in die yskas.

Sprinkel jou werkarea met ’n bietjie meel. Rol die deeg uit. Haal die fillet versigtig uit die kleefplastiek en plaas in die middel van die deeg. Vou die deeg om die fillet. Sny oortollige deeg af en gebruik dit om versierings mee te maak. Verf die deeg se punte met geklitste eier om dit te seël. Verf dan die bo- en sykante met die eier. 

Voorverhit jou rooster weer vir indirekte kook. Bak die bief-wellington teen 200°C tot goudkleurig en bros. Laat vir 10 minute staan voor dit in dik skywe gesny word. 

beef-tacos-1
Toks & Tjops Poster
2019-10-28

Taco’s met beesmaalvleis

Gewildste Resepte