web uni tv guide

Vegetariese “butter chicken”

03 April

Vegetaries

426077

Resepte deur Caro Alberts en Tiaan Langenegger

Vegetariese butter chicken02
Bestanddele

1 Ui gekap

2 huisies Knoffel gerasper of gekap

2 eetlepels Botter

1 eetlepel Kerriepoeier

1 eetlepel Garam Masala

2 teelepels Paprika

1 teelepel Borrie

2 eetlepels Vars Gemmer fyn gekap

1 blik Tamatie

1/2 blik Klappermelk

2 blikke Kekerertjies

4 Gaar Soetpatats in stukke gesny

Rys vir opdien

Metode

Braai die ui in botter en olie tot sag, voeg die knoffel en speserye by.

Voeg dan die gemmer, tamaties en klappermelk by.

Roer die kekerertjies deur. Kyk dat daar genoeg sout en peper in is.

Roer die soetpatat versigtig deur .

Bedien op rys met bietjie vars koljander as jy nog het.

Gewildste Resepte