Vir die burgers:
4 Groot bruin sampioene
4 eetlepels Druiwepitolie
Seesout
Swartpeper grof gemaal
4 snye Suurdeegbrood
4 balle Buffelmozzarella
12 Jong Spinasieblare
8 eetlepels Salotmarmelade
4 Bamboesstokkies
Vir die salotmarmelade:
500 g Salotte geskil en in 1cm ringe gesny
1 Rooi brandrissie fyn gekap
1/2 koppie Bruinsuiker
3 eetlepels Balsamasyn
1 teelepel Seesout
1/2 teelepel Swartpeper grof gemaal
1/2 teelepel Neutmuskaat
1/4 teelepel Fyn gemmer
1 Kaneelstokkie
1/2 koppie Gedroogde bosbessies
3 skywe Lemoen in blokkies gesny
3/4 koppie Water
Vir die salotmarmelade:
Verhit bestanddele in kastrol
Plaas deksel gedeeltelik op en laat prut oor lae vir 90 minute
Laat afkoel
Skep in lugdigte houer of potjie en plaas in yskas
Vir die burgers:
Verhit 2 eetlpl olie in pan en braai sampioene tot gaar maar ferm
Geur liggies met sout en peper, hou warm
Verhit 2 eelpl olie in ander pan en braai 4 snye brood tot goudbruin, maar nie te droog of te hard
Sny brood in helftes, maak seker watter boonste snye sal op watter onderstes pas
Rangskik spinasieblare op 4 onderste dele
Skep eetlpl marmelade bo-op elkeen
Plaas sampioene op salotmarmelade
Breek mozzarella en rangskik bo-op
Geur met swartpeper
Dedek met dele res van brood
Druk stokkies in om regop te hou