kyknet channel logo

Goue Bkomkoolbilinis

02 November

Vegetaries

4

'n Vegetariese peuselhappie

1
Bestanddele

600 g Blomkool

2 eetlepels Druiwepitolie

3 Groot bruin sampioene gekap

1 Klein ui gekap

3 Eiers geklits

1 koppie Bruismeel

1 teelepel Sout

1 teelepel Swartpeper grof gemaal

1/2 teelepel Fyn komyn

1/2 teelepel Paprika

1/2 teelepel Neutmuskaat

1 teelepel Fyn borrie

3 eetlepels Koljander gekap

Druiwepitolie vir braai

1 koppie Griekse jogurt

3 eetlepels Vars Pietersielie, koljander, basiliekruid gekao

1/4 Suurlemoenskil

Metode
  • Stoom blomkool tot gaar, hou eenkant
  • Verhit 2 eetlpl druiwepitolie in pan
  • Roerbraai gekapte sampioene en ui tot gaar
  • Plaas blomkool in groot mengbak en maak fyn met vurk
  • Roer sampioene en ui by
  • Roer eiers by
  • Voeg meel, sout, peper, komyn, paprika, neutmuskaat en borrie by,
  • meng goed
  • Meng 3 eetlpl gekapte koljanderblare by
  • Verhit paar eetlpl druiwepitolie in pan
  • Skep eetlepels beslag in pan, genoeg vir 2 tot 3 op ’n slag
  • Braai 2 tot 3 minute aan elke kant tot goudbruin
  • Plaas op kombuisdoek
  • Geur jogurt liggies met sout en peper
  • Roer gekapte pietersielie, koriander, basiliekruid en suurlemoenskil by
  • Bedien saam met bilinis
IMG 6912
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Sjokolade-Pekkanneut-Kraterkoekies

Gewildste Resepte