28 Desember
24 crostini
Vegetaries
4
Die crostini is die perfekte peuselhappie vir jou Nuwejaarsviering.
8 snye bruinbrood
5 e druiwepitolie
250 g roomkaas, 30 minute vooraf uit yskas gehaal
1 t tamatie-purée
5 ingelegde songedroogde tamaties, gekap
handvol vars basiliekruidblare, (15g)
seesout
1 e druiwepitolie
1 e botter
1 e balsamiekasyn
1/2 t fyn komyn
1/2 t fyn koljander
6 rooi radyse, in kwarte gesny
grofgemaalde swartpeper
Gebruik ’n glas waarvan die bokant ’n 5 cm deursnee het, sny 24 sirkels brood.
Verf sirkels aan beide kante met olie.
Braai 12 op ’n slag in warm pan tot goudbruin aan albei kante.
Hou eenkant (kan vir ’n dag op twee in lugdigte houer gebêre word).
Meng roomkaas en tamatie-purée saam in mengbak.
Roer gekapte songedroogde tamaties by.
Kap basiliekruid fyn en meng by.
Geur liggies met sout.
Verhit druiwepitolie, botter, asyn, komyn en koljander in pan.
Voeg radyse by en roerbraai tot wit gedeeltes goudbruin is.
Plaas op kombuisdoek om te dreineer en af te koel.
Skep hopies roomkaas op crostini.
Druk skyfie radys met skerp punt versigtig in roomkaas.
Geur met swartpeper.