kyknet channel logo

Quinoaslaai met gemarineerde sampioene

06 Desember

6 porsies

Slaai

4

Soos gesien in 'n episode van Terwyl ek wag

QUINOA MET GEMARINEERDE SAMPIOENE – Terwyl ek wag
Bestanddele

8 eetlepels Druiwepitolie

400 g Zucchini in klein blokkies gesny

1 Groot rooi ui in klein blokkies gesny

400 g Bruin sampioene

1 Lourierblaar

2 teelepels Fyn koljander

2 huisies Knoffel fyngekap

Seesout

Swartpeper grofgemaal

1 Suurlemoen se sap

1 1/2 koppie Quinoa

3 koppies Water

1 teelepel Fyn borrie

60 g Songedroogde tamaties die soort in olie, gedreineer, en in blokkies gesny

2 eetlepels Olyfolie

2 eetlepels Appelasyn

1 Suurlemoen se skil fyngerasper

30 g Italiaanse pietersielie grofgekap

Metode
  • Sny zucchini en ui in klein blokkies
  • Verhit 4 eetlpl druiwepitolie in pan, roerbraai zucchini en ui vir ongeveer 8 minute tot gaar, maar ferm en steeds helder van kleur
  • Skep in bakkie en hou eenkant
  • Sny sampioene in dik skywe
  • Verhit 4 eetlpl druiwepitolie, loerierblaar en knoffel in dieselfde pan
  • Braai sampioen vir 2 minute oor hoë hitte
  • Skep uit in bak, geur met sout en peper en meng suurlemoensap by, hou eenkant
  • Verhit quinoa met water en borrie in kastrol, laat kook totdat daar geen meer vloeistof is nie, ongeveer 10 minute
  • Verwyder van hitte, bedek en laat staan vir 15 minute
  • Roer zucchini, ui, songedroogde tamaties, olyfolie en appelasyn by
  • Geur met sout en peper
  • Roer 3/4 van gekapte pietersielie by
  • Vul kombuisring op opdienbord, vul 2/3 met quinoa en rangskik sampioene bo-op
  • Bedrup met orige vloeistof van sampioene en garneer met res van pietersielie
  • Verwyder kombuisring versigtig

Gewildste Resepte