kyknet channel logo

Klein aartappelkoeke

11 Oktober

8 porsies

Vegetaries

4

Soos gesien in die tweede episode van Terwyl ek wag

Aartappelkoeke – Terwyl ek wag
Bestanddele

1 kg Jong aartappels

3 opgehoopte eetlepels Vars pietersielie fyngekap

2 eetlepels Grasuie fyngekap

4 eetlepels Parmesaan fyngerasper

2 eetlepels Vars room

2 Eiers geklits

1 knippie Neutmuskaat

1/2 teelepel Seesout

1/2 teelepel Swartpeper grofgemaal

Olie om kombuisringe te smeer

Metode
  • Kook aartappels tot gaar, laat effens afkoel en trek helfte van skil af
  • Maak aartappels fyn in mengbak
  • Meng pietersielie, grasuie, Parmesaan en room by
  • Meng eiers by
  • Geur met neutmuskaat, sout en peper
  • Plaas 8 gesmeerde kombuisringe (7cm deursnee) op gevoerde bakplaat
  • Skep 1 opgehoopte eetlpl aartappelbeslag in elke ring en maak bokante gelyk (Koeke kan groter of kleiner wees afhangende van hoeveel beslag vir elkeen gebruik word)
  • Bak in oond teen 180˚C (waaier) tot goudbruin, ongeveer 20 minute
  • Laat staan vir ’n paar minute en verwyder ringe versigtig
  • Hou warm tot benodig
  • Bedien met slaai
    (Ook heerlik saam met gebraaide vis!)
Botterskorsie en klappermelk -risotto – Jan Braai vir Erfenis
Poster 320x480
Sub Titel

Botterskorsie-en-klappermelk-risotto

Gewildste Resepte