kyknet channel logo

Groen en wit slaai

25 Oktober

Slaai

5

Soos gesien in die vierde episode van Terwyl ek wag

Groen en wit slaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

270 g Blomkoolrosette

270 g Broccolirosette

5 eetlepels Pekanneutolie

3 eetlepels Water

100 g Jong aspersies afgespoel en gedroog

6 Medium groot Zucchini in die lengte in helftes gesny

100 g Ertjies in peule (sugar snaps)

4 Buffelmozzarella-balle (ongeveer 320g gedreineer)

80 g Gemengde kruieslaai

1 eetlepel Heuning

6 eetlepels Olyfolie

1 Suurlemoen se sap

1 teelepel Gedroogde basiliekruid

1 huisie Knoffel gerasper

Swartpeper grofgemaal

1 eetlepel Amandelskyfies liggies-gerooster

Metode
  • Verhit 2 eetlpl pekanneutolie in pan
  • Braai blomkool en broccoli teen hoë hitte vir 7 minute totdat daar geen meer olie in pan is nie
  • Voeg 3 eetlp water by en laat kook vir verdere 3 minute, roer versigtig sodat groente nie brand nie
  • Skep uit in mengbak, geur met sout en laat afkoel
  • Verhit 1 eetlpl pekanneutolie in dieselfde pan en braai aspersies vir 4 minute, geur met sout en hou eenkant
  • Verhit 2 eetlpl pekanneutolie in dieselfde pan, verlaag hitte effens en braai zucchini 4 tot 5 minute aan elke kant, geur liggies met sout en hou eenkant
  • Was en droog ertjies
  • (Indien ertjies nie krakend vars is nie, blansjeer 1 minuut in kokende water)
  • Klits heuning, olyfolie en suurlemoensap saam in mengbakkie en geur liggies met sout en mildelik met swartpeper
  • Rangskik blomkool, broccoli, aspersies, gebreekte mozzarella en ertjies op groot opdienbord
  • Vou kruieblare en plaas regop tussen ander bestanddele op bord
  • Sprinkel met amandelskyfies
  • Bedrup met slaaisous net voor bediening

Gewildste Resepte