kyknet channel logo

Radysslaai

08 November

Slaai

3

Ertjie-, aspersie- en radysslaai met kerriejogurtsous

RADYSSLAAI – Terwyl ek wag
Bestanddele

5 eetlepels Druiwepitolie

1 eetlepels Ligte bruinsuiker

1 teelepel Kerriepoeier

3 eetlepels Mayonaisse

3 eetlepels Gewone jogurt

Seesout

Swartpeper grofgemaal

4 koppies Gevriesde ertjies

1 eetlepel Water

6 Aspersies

4 Rooi radyse

1/2 Rooi ui

50 g Gemengde vars kruieblare soos bronkors, mosterdblare en roket

Metode
  • Verhit druiwepitolie, bruinsuiker en kerriepoeier in pannetjie
  • Laat borrel, roer totdat suiker opgelos is, laat afkoel
  • Meng kerrie saam met mayonnaise en jogurt in mengbakkie
  • Geur met sout en peper, bedek en plaas in yskas tot nodig
  • Verhit ertjies met eetlpl water in pan, net tot ertjies ontvries is, laat afkoel
  • Gebruik groenteskiller en sny aspersies in linte
  • Sny radyse in baie dun sirkels
  • Sny ui in baie dun skyfies en breek in repies
  • Plaas 2/3 van ertjies en helfte van aspersie-linte, radyse en ui in mengbak
  • Roer helfte van kerriejogurt by
  • Skep op groot opdienbord
  • Skep res van ertjies bo-oor
  • Rangskik aspersie-linte, radyse en ui bo-oor
  • Rangskik kruie bo-oor
  • Bedien met res van kerriejogurt in aparte klein opdienbakkie
Snoekkop sop – Hennie – Wanderlus
Wanderlus – Poster
Sub Titel

Snoekkop sop – Hennie

Gewildste Resepte