kyknet channel logo

Broodslaai

22 November

Slaai

4

Broodslaai met geroosterde pampoen en bokmelkkaas.

Broodslaai – Terwyl ek wag
Bestanddele

600 g Pampoen

5 eetlepels Druiwepitolie

2 eetlepels Heuning

1 teelepel Fyn Kaneel

Seesout

1/2 koppie Gedroogde pampoenpitte

3 snye Suurdeegbrood

1/3 koppie Olyfolie

2 eetlepels Appelasyn

1 teelepel Franse mosterd

2 teelepels Rissie-olie

Swartpeper grofgemaal

100 g Gemenge vars kruieblare

100 g Sagte bokmelkkaas

Metode
  • Skil pampoen en sny in blokkies, gooi in mengbak
  • Meng 3 eetlpl druiwepitolie, 1 eetlpl heuning en kaneel goed saam,
  • voeg by pampoen en meng tot elke blokkie bedek is
  • Sprei uit op plaat en bak in oond teen 170˚C (waaier) tot gaar, hoekies  moet net begin swart word
  • Haal uit oond, geur met sout en hou eenkant
  • Sny brood in blokkies, meng met 2 eetlpl druiwepitolie en braai in pan totdat dit begin verbruin, maar nie heeltemal verhard soos croutons nie
  • Verwyder uit pan, braai pampoenpitte vir paar sekondes in dieselfde pan, hou eenkant
  • Klits olyfolie, mosterd, rissie-olie en 1 eetlpl heuning saam, geur met sout en peper
  • Rangskik groenslaai op groot opdienbord, rangskik blokkies pampoen en brood bo-oor
  • Bestrooi met pampoenpitte en breek bokmelkkaas bo-oor
  • Bedrup met slaaisous en geur liggies met swartpeper
MACARONI EN KAAS BRAAIBROODJIE – Jan braai
Poster 320x480
Sub Titel

Macaroni-en-kaasbraaibroodjie

Gewildste Resepte