kyknet channel logo

Kersfeeskoekies

21 Desember

24 koekies

Gebak

3

Hierdie koekies is nog baie sag as dit uit die oond kom!
En bly taaierig ná die afkoel!

KERSFEESKOEKIES
Bestanddele

160 g Sagte botter

1/2 koppie Ligte bruinsuiker

1 teelepel Vanielje-ekstrak

1 Eier geklits

2 koppies Bruismeel

1 teelepel Bakpoeier

1 knippie Sout

1 teelepel Kaneel

1 teelepel Fyn gemmer

1/4 teelepel Fyn naeltjies

2 eetlepels Brandewyn

1 koppie Gedroogde bosbessies

50 g Versuikerde sitrusskil

8 Rooi glanskersies in kwarte gesny

8 Geel glanskersies in kwarte gesny

8 Groen glanskersies in kwarte gesny

Metode
  • Verroom botter en suiker saam
  • Klits vanielje en eier by
  • Meng marmelade by
  • Voeg meel, sout en kaneel, gemmer en naeltjies by en meng deeglik
  • Meng brandewyn, bosbessies, skil en kersies by
  • Voer ’n bakplaat met bakpapier
  • Gebruik 2 teelepels en plaas 4cm hopies beslag op bakplaat,
  • te minste 4cm uitmekaar
  • Bedek en plaas in yskas vir 10 minute
  • Bak in oond teen 165˚C (waaier) vir 9 tot 10 minute
  • Laat staan vir 5 minute op bakplaat
  • Plaas versigtig op draadrak om heeltemal af te koel
  • Herhaal proses
Fritters
Toegangs Poster 924x1360
Sub Titel

Botterneutkoekies

Gewildste Resepte