kyknet channel logo

Steak en tjips

26 Augustus

Braai

4

Hier is ’n lekker resep vir steak en tjips, soos gesien op Toks en Tjops

1
Bestanddele

4 lende-steaks

seesoutvlokkies na smaak

swartpeper na smaak

vars dragon (tarragon)

0.5 suurlemoen gebraai aan die gesnyde kant

200 ml Mayonnaise

6 groot aartappels

2 takkies roosmaryn

50 ml groenteolie

Metode
  1. Geur die steaks met sout en peper ‘n halfuur voor jy dit gaan braai.
  2. Meng die mayonnasie en ‘n skeut van die suurlemoensap in ‘n klein bakkie. Kap die dragon fyn en meng by.
  3. Was die aartappels en sny in wiggies, nie te klein nie. Kap die roosmaryn fyn en meng dit saam met die olie en sout met die aartappels.
  4. Plaas dit in ‘n Weber-groentemandjie.
  5. Berei jou braai voor vir indirekte hitte, ongeveer 250°C.
  6. Plaas die groentemandjie op die rooster en sit die deksel op. Bak die aartappels vir ongeveer ‘n uur of tot dit bros is.
  7. Verander die braai na direkte hitte. Die rooster moet vuurwarm wees wanneer jy die steaks braai. Verf die steaks met olie en plaas dit op die rooster. Braai 3 tot 4 minute aan beide kante indien jy van jou steaks medium hou. 
  8. Laat die steaks vir 5 minute rus.
  9. Bedien met die aartappels en dragon-mayonnaise.
Beef and draught pie weber eu
Toks & Tjops Poster
29 July 2019

Beesvleis-en-bier-pasteie

Gewildste Resepte