kykNET_Nou_kanaal_146_logo_png

Klewerige beesstert in rooiwynsous

07 Junie

Braai

3

Hier is die resep vir Klewerige beesstert in rooiwynsous, soos voorberei op Toks en Tjops.

Oxtail
Bestanddele

50 g Botter

30 ml Sonneblomolie

1 kg Beesstert

40 g Meel

Swartpeper vir smaak

1 Medium ui gekap

2 Selderystingels gekap

3 huisies Knoffel groot, gekap

2 takkies Roosmaryn

2 Tamaties in blokkies gesny

2 t Six Gun Grill

400 ml Rooiwyn

100 ml Coca-Cola

50 ml Jimmy’s-sous

2 l Beesaftreksel

Metode
  1. Smelt botter in ‘n swartboom-pot. Rol stukke beesstert in gegeurde meel en braai in botter tot bruin. Haal uit en hou eenkant.
  2. Braai uie in die pot. Wanneer dit begin bruin word, voeg die beesstert, seldery, knoffel en roosmaryn by. Voeg dan die tamaties, Six Gun Grill, Jimmy’s-sous, rooiwyn en Coca-Cola asook 500ml van die beesaftreksel. Kook op die laagste hitte vir agt ure. Roer elke nou en dan. Voeg ‘n verdere 500ml beesaftreksel by soos die vloeistof wegkook, maar maak seker dat die vloeistof nooit al die vleis bedek nie. Let wel: Jy mag dalk meer aftreksel nodig kry indien die potjie onnodig kook.

 

Ribs
Toks & Tjops Poster
3 June 2019

Beesribbetjies met cabernet-sous

Gewildste Resepte