web uni tv guide

Rump-steaks met tamatie-chimichurri

03 Junie

Braai

Hier is wat jy benodig om dié gereg, soos op Toks en Tjops, voor te berei. 

pichania with chimichuri
Bestanddele

Res van bestanddele

Kosher-sout vir smaak

swartpeper vars gemaal, vir smaak

1 e Komyn fyn

1 e Koljander fyn

4 Rump-steaks

Crown Six Gun BBQ-speserye vir smaak

Olyfolie suiwer

Vir die sous

1 k Italiaanse-pietersielie met blare en takkies

0.5 k Olyfolie suiwer

0.33 k Koljanderbare met blare en takkies

0.25 k Sondroog-tamaties in olie, gedreineer

3 huisies Knoffel

0.75 t Rooipepervlokkies gemaal

Metode
  1. Plaas al die sousbestanddele in die bak van ‘n voedselverwerker en pols tot amper fyn. Geur met sout en peper. Plaas in ‘n bakkie en hou eenkant.
  2. Meng die komyn, koljander en twee teelepels sout in ‘n klein bakkie. Verf die steaks met olie aan beide kante en geur met die speserye. Laat die steaks by kamertemperatuur vir vyftien tot dertig minute rus voor jy dit braai. 
  3. Berei die braai voor vir direkte kook oor hoë hitte. Indien jy ‘n houtskool-braai gebruik, hou ‘n deel van die rooster oop sonder enige brikette onder as ‘n veiligheidsone vir indirekte hitte.
  4. Maak die roosters skoon. Braai die steaks oor hoë hitte, met die deksel op, tot dit so gaar is soos jy dit wil hê – ses tot agt minute vir medium-gaar – en draai slegs een of twee keer. Indien die vuur opvlam, skuif steaks na die indirekte hitte. Wanneer gaar, haal van die rooster af en laat dit die tot vyf minute rus.
Steak salad
Toks & Tjops Poster
31 May 2019

Viëtnamese-steaks met groenslaai en lemmetjie-en-pepersous

Gewildste Resepte