web uni tv guide

Taco’s met beesmaalvleis

28 Oktober

Braai

1

Hierdie is die perfekte ete vir die volgende rugbywedstryd!

beef-tacos-1
Bestanddele

Om te bedien:

0,5 Iceberg-blaarslaai, in repe gesny

2 Tamaties, gekap

Cheddarkaas, gerasper

Vir die maalvleis:

1 e Olyfolie

500 g Beesmaalvleis

1 x400 g Blik gekapte tamaties

1 Medium bruin ui, fyn gekap

1 t Fyn komyn

1 t Paprika

1 t Gedroogde rissievlokkies

1 Knoffelhuisie, gekneus

Taco-skulpe

Sout

Peper

Metode

Berei ’n direkte vuur voor of stel die gasbraai vir direkte kook. Plaas die Griddle-pan op die rooster en verhit vir 10 minute.

Voeg olie, ui en knoffel by, sit die deksel op en kook vir 4 tot 5 minute tot dit sag is. Roer elke nou en dan. Voeg die komyn, paprika en rissievlokkies by.

Voeg die maalvleis by en kook vir 6 tot 8 minute tot verkleur.

Voeg die tamaties by en geur na smaak. Sit die deksel op en kook vir 6 tot 8 minute tot die sous begin verdik.

Maak die taco-skulpe warm op die rooster vir 30 sekondes per kant.

Skep die maalvleis in die taco-skulpe en skep blaarslaai, tamaties en kaas bo-op. Jy kan ook avokado, suurrom en salsa gebruik indien jy wil.

Toks en Tjops Rib-eye
Rib-eye met sampioen-gevulde pap
2017-05-22

Rib-eye met sampioen-gevulde pap

Gewildste Resepte