web uni tv guide

Brasiliaanse steakslaai

03 Junie

Braai

4

Hier is hoe om die resep voor te berei, soos gesien op Toks en Tjops.

Steak salad
Bestanddele

500 g Riboog-steak

1 e Heuning Loperig

5 e Sojasous

2 huisies Knoffel fyngekap

1 t Gemmer vars, fyngekap

1 Pynappel geskil, stronk uit en in dik snye gesny

2 Geelpepers sonder sade en in kwarte gesny

3 Rooipepers sonder sade en in kwarte gesny

1 Rooi rissie fyn gesny

1 Lemmetjie sap

1 Lemoen sap en fyngerasperde skil

50 ml Gruiwepitolie

2 t Rysasyn

50 ml Jimmy’s-slaaisous

300 g Jong spinasie

Metode
  1. Klits die heuning, twee eetlepels sojasous, die knoffel en gemmer in ‘n bakkie. Gooi oor steak en laat buite vir twintig minute marineer.
  2. Stel jou braaier op vir braai (direkte metode) teen hoë hitte en verhit.
  3. Braai die pynappel en pepers tot hulle begin skroei. Draai slegs een keer. Plaas op ‘n bord en wanneer dit afgekoel is, sny dit in hapgrote-blokkies.
  4. Maak die sous deur die lemmetjiesap, lemoensap en –skil, res van die sojasous, asyn, rissie en die olie in ‘n klein bakkie te meng. Hou eenkant.
  5. Braai die steak tot jou voorkeur en laat vyf minute rus voor dit in dun repe gesny word.
  6. Meng al die gebraaide items saam met die sous en die jong spinasie en geur na smaak.
Beef ribs
Toks & Tjops Poster
3 June 2019

Beesribbetjies met cabernet-sous

Gewildste Resepte