web uni tv guide

Steaks gevul met feta en olywe

13 September

Braai

Hier is hoe om dié Toks en Tjops resep self voor te berei.

Steaks gevul met feta en olywe[1]
Bestanddele

4 steaks van 160 g elk lende, kruisskyf of ‘porter house’

150 g fetakaas gekrummel

80 g swart olywe ontpit

2 e vars kruie soos basilie, tiemie en kruisement blare

1 groot suurlemoen sap en skil

2 e olyfolie

4 huisies knoffel gekneus

1 t worcestersous

sout na smaak

swartpeper vars gemaal, na smaak

Metode
  1. Maak ’n insnyding aan die kant van elke steak.
  2. Plaas die fetakaas, olywe, kruie, sap en skil van die suurlemoen in ’n voedselverwerker en pols tot fyn. Skep van die vulsel in elk van die steaks. Steek vas met ’n peuselstokkie.
  3. Meng die olyfolie, knoffelhuisies en worcestersous en giet oor die vleis.
  4. Braai die vleis oor vinnige kole tot gaar volgens jou keuse. Verf die vleis deurentyd met die marinade terwyl jy braai.
  5. Geur na smaak met sout en peper.
  6. Sit voor met baba-aartappels
1
Toks & Tjops Poster
26 August 2019

Steak en tjips

Gewildste Resepte