web uni tv guide

Bees brasato met porcini-sampioene

14 Junie

Braai

3

Hier is die resep vir Bees brasato met porcini-sampioene, soos gesien op Toks en Tjops.

Beef Brasato Jaco
Bestanddele

75 g Porcini sampioene gedroog

350 ml Rooiwyn

2.5 - 3 kg Heel bees-rib-eye van die been afgesny

125 g Bacon in blokkies gesny

3 Rooi uie

3 Wortels

3 Seldery stokke fyngekap

6 Knoffel tone fyn

2 blikke Italiaanse tamaties gekap

4 - 5 koppies Hoenderaftreksel

Six gun Speserye vir smaak

Sout vir smaak

Peper vir smaak

Olyfolie

’n Knippie fyn naeltjies

3 Lourierblare

4 blokkies Bitter sjokolade verkieslik met ’n 80% kakao-inhoud

Metode
  1. In die kombuis in ‘n pan bring die rooiwyn tot kookpunt en voeg dan die sampioene  daarin. Laat dit van die hitte af staan en week vir 5 minute,  waarna jy die sampioene uitskep en versnipper. Hou die wyn!  
  2. Berei ‘n braai voor vir direkte kook en plaas ‘n potjie pot oor die kole. Vryf ’n lagie olyfolie oor die vleis en geur dit dan mildelik met  sout en peper. Verbruin dit nou deeglik in die potjie. Verwyder die vleis en draai die  hitte af na medium. Braai nou die bacon blokkies, wortels,  uie, seldery en die fyn knoffel vir sowat 10 minute totdat die  groente sag raak.
  3. Skep die vleis terug in die pot en skink die rooiwyn waarin die  porcini geweek het bo-oor. Voeg die tamaties en die  hoenderaftreksel by, en maak seker dat die vloeistof minstens  die helfte van die vleis bedek.
  4. Strooi die knippie fyn naeltjies oor die vloeistof en voeg die  lourierblare by. Maak seker die pot se deksel seël dig en kook dit  dan vir 3 tot 3½ ure. Haal van die hitte af en laat die pot vir sowat 15 minute  rus; skep die vleis dan uit en rasper die sjokolade blokkies oor die  sous.
  5. Geur met Six Gun Speserye, sout en peper na smaak, waarna jy dit met ’n  handmenger of jou voedselverwerker tot ’n puree verwerk. Sny  die vleis versigtig in 5 mm dik skywe, skep dit terug in die pot en  laat dit oor ’n lae hitte net weer deeglik warm word.
  6. Sit dit voor.
Oxtail
Toks & Tjops Poster
7 June 2019

Klewerige beesstert in rooiwynsous

Gewildste Resepte