web uni tv guide

Steak-toebroodjies met gebraaide uie en Provolone-kaas

20 Desember

Braai

560030

Bevind jy jouself ook tans in die toebroodjie-hemel? 

Broodjie
Bestanddele

Om te bedien:

olyfolie

4 ciabatta-rolletjies

1 knoffelhuisie, geskil

8 dun snye provolone-kaas

Vir die steak:

1 groot ui, dun gesny

1 medium rooi peper, dun gesny

2 knoffelhuisies, dun gesny

2 e olyfolie

1 t droë origanum

kosher-sout

varsgemaalde swartpeper

2 sirloin-steaks, 350 g elk

Metode

Berei die rooster voor vir direkte kook oor hoë hitte en voorverhit ’n riffelpan.

Meng die uie, pepers, knoffel, olie en origanum in  ’n bak. Geur met sout en peper en meng sodat al die bestanddele bedek is. Plaas in riffelpan in  ’n enkellaag en braai met die deksel toe tot dit verbruin en sag is, ongeveer 6 minute. Roer elke nou en dan. Haal groente uit pan en plaas in bak. Plaas pan terug op rooster.

Sny die steaks teen die grein in snye van 1 cm. Bedek met net genoeg olie en geur met sout en peper. Braai die steak in die pan oor direkte hitte, met die deksel toe, tot dit begin krul. Draai elke dan en wan om, ongeveer 4 tot 6 minute. Haal vleis van pan af en voeg by groente.

Verf rolletjies liggies met olie en braai tot gerooster, ongeveer 30 sekondes. Smeer die rolletjies liggies met die knoffel. Verdeel kaas tussen rolletjies en plaas terug op die rooster met die kaas-kant na bo. Maak die deksel toe en braai tot die kaas begin smelt.

Bou die rolletjies met die vleis en groente.

Bedien warm.

Sirloin Steak Quesadillas with Guacamole
Toks & Tjops Poster
2019-12-13

Sirloin Quesadillas met Guacamole

Gewildste Resepte