web uni tv guide

Ribsteaks met espresso- en rissie-smeer en koolslaai

11 November

Braai

Ons kan nie wag om hierdie resep te maak nie! 

rib eye
Bestanddele

Vir die koolslaai:

350 g pakkie gemengde koolslaai

2 e sprietuie, fyn gekap

½ k mayonnaise

1/3 k suiker

¼ k tapbier

¼ t paprika

¼ k dijon-mosterd

sout en peper

Vir die steaks:

2 t komynsaad, gerooster

2 e donker-geroosterde- of espresso-boontjies

1 e gemaalde rissie-poeier

1 t soet paprika

1 t growwe sout

1 t vars gemaalde swartpeper

4 steaks, ongeveer 350g elk en 3 cm dik

olyfolie

Metode

Vir die steaks: 

  1. Maak die komynsaad en koffiebone fyn in ‘n speserymeul. Meng met die res van die smeer-bestanddele in ‘n bakkie.
  2. Verf die steaks liggies met olie en geur eweredig met die spesery-smeer deur dit in die steaks te vryf. Bedek en laat teen kamertemperatuur vir tussen 20 tot 30 minute staan voor jy dit braai.
  3. Berei die braai voor die direkte kook oor hoë hitte. 
  4. Braai die steaks met die deksel so toe as moontlik tot gaar – 6 tot 8 minute vir halfgaar.
  5. Haal af van rooster en laat vir 3 tot 5 minute rus. Bedien warm.

 

Vir die koolslaai:

  1. Meng die kool en ui in ‘n slaaibak.
  2. Meng die res van die bestanddele in ‘n aparte bakkie en meng met die kool.
  3. Hou in yskas vir een uur voor dit opgedien word.
beef-tacos-1
Toks & Tjops Poster
2019-10-28

Taco’s met beesmaalvleis

Gewildste Resepte