web uni tv guide

Chilli Con Carne

21 Junie

Braai

2

Hier is hoe om die Chili Con Carne resep, soos gesien op Toks en Tjops, voor te berei. 

Chilli-Con-Carne-346x318 Weber Emea
Bestanddele

200 g Cannellini-bone Droog

1 kg Stowe beesvleis

2 Rooi chillies

2 Groen chillies

6 Shallottes

6 huisies Knoffel

3 Wortels

Olie

0.5 bottel Rooiwyn

3 Loerierblare

2 e Paprika

1 e Komynsaad fyn

2 blikkies Tamaties gekap

500 ml Water

60 ml Jimmy’s-sous

Sout vir smaak

Peper vir smaak

Suiker vir smaak

Crème fraîche vir opdiening

Metode
  1. Week boontjies oornag in water.
  2. Gooi water af en spoel boontjies af. Sny die vleis in groterige blokkies.
  3. Was die chillies, skil die shalotte, knoffel en wortels en sny in blokkies.
  4. Berei die braai voor vir indirekte hitte, ongeveer 200°C.
  5. Plaas die Weber Original Gourmet BBQ System Wok of Dutch Oven in en laat vir 10 minute vooraf warm word. Braai die groente in ‘n klein bietjie olie. Haal uit en gooi nog ‘n bietjie olie in die wok. Seël die vleis aan alle kante. Voeg rooiwyn by en laat vir 15 minute prut met die deksel op. Voeg nou die loerierblare, speserye, boontjies, tamaties, Jimmy’s-sous en water by. Plaas deksel terug en laat die dis vir een uur prut. Proe en geur na smaak met sout, peper en suiker indien nodig.
  6. Bedien met crème fraîche.
Beef Brasato Jaco
Toks & Tjops Poster
14 June 2019

Bees brasato met porcini-sampioene

Gewildste Resepte