web uni tv guide

Viëtnamese-steaks met groenslaai en lemmetjie-en-pepersous

31 Mei

Braai

4

Hier is hoe om die resep wat op Toks en Tjops verskyn het voor te berei.

Steak
Bestanddele

Vir die marinade

0.25 k Vissous

0.25 k Lemmetjiesap vars

0.25 k Jimmy’s-sous

2 e Bruinsuiker

2 e Sonneblomolie

1 e Soyasous

4 huisies Knoffel fyngemaal

1 t Swartpeper varsgemaal

0.5 t Rooipepervlokkies gemaal

Vir die sous

2 e Koljanderblare fyngekap

2 e Lemmetjiesap vars

0.25 t Swartpeper

0.25 t Rooipepervlokkies gemaal

0.25 t Kosher-sout

0.25 k Olyfolie suiwer

Metode
  1. Klits bestanddele vir die marinade saam. Plaas steak in ‘n groot plastiese sak wat geseël kan word. Gooi ‘n halwe koppie van die marinade in die sak, druk soveel moontlik lug uit en seël die sak. Draai die sak sodat die marinade eweredig versprei word en plaas sak in ‘n bak. Gooi die res van die marinade, sowat ’n kwart koppie, in nog ‘n sak en plaas die salotte daarin. Plaas die twee sakke in die yskas en laat vir vir ten minste twee ure en tot met vier ure marineer. Draai die sakke elke dan en wan. Laat steaks by kamertemperatuur afkoel vir minstens vyftien tot dertig minute voor dit gebraai word.
  2. Berei die braai voor die direkte gaarmaak oor medium hitte.
  3. Klits die sousbestanddele, behalwe die olie, saam. Voeg olie stadig by totdag die sous emulsifiseer het. 
  4. Haal die steak en salotte uit die sakke en gooi die marinade weg. Braai die steaks oor medium hitte met die deksel op en tot dit so gaar is as wat jy dit wil hê. (Sowat sewe tot nege minute vir mediumgaar.) Draai  een of twee keer. Braai terseldertyd die salotte oor medium hitte tot dit sag en effens gebrand is. Dit sal tussen drie en vyf minute neem. Haal van die rooster af en laat die steak vir vyf minute rus. Sny die salotte skuins in stukke. Sny die steak teen die grein in dun stukke. 
  5. Meng die jong spinasie met twee eetlepels van die sous in ‘n groot bak. Verdeel die jong spinasie en steak tussen vier eetborde. Gooi nog van die sous oor en plaas die salotte op die steak. Bedien warm.
Die-GROOT-Ontbyt-3-1
Die Groot Ontbyt Poster 924x1360
27 June 2016

Chakalaka-hamburgers

Gewildste Resepte