web uni tv guide

Vyebrood

Gebak

3

Kry die resep vir dié vyebrood, soos voorberei in Edik van Nantes 3, hier.

Edik-van-Nantes
Bestanddele

100 g hawermout

25 g botter in klein blokkies gesny

200 g bruismeel

200 g heelgraanmeel of ander growwe meel

100 g strooisuiker

1 t koeksoda

2 t gemengde speserye

knippie sout

50 g groenvye gekap

50 g gedroogde vye gekap

50g gedoogde of vars dadels ontpit en gekap

3 e gemenge sitrusskil gekap

450 ml karringmelk

4 e bruinsuiker

Metode
  1. Plaas botter en hawermout in ’n mengbak en vryf saam met vingers.
  2. Meng meel, koeksoda, speserye, sout, vye, dadels en skil by.
  3. Roer karringmelk by.
  4. Keer mengbak om op ’n oppervlak en bestrooi met meel.
  5. Vorm ’n bal.
  6. Plaas op ’n oondplaat en bestrooi met meel.
  7. Strooi bruinsuiker oor.
  8. Gebruik ’n mes en maak ’n kruis bo-op ongebakte brood.
  9. Bak in oond teen 180 ˚C vir 30 tot 35 minute.
  10. Bedien met botter en vars vye.

 

 

 

EdikvanNantes
Edik van Nantes Kie About
2017-11-22

Weskus-kaasvis

Gewildste Resepte