Vir die kors:
50 g botter (of margarien)
50 ml kookwater
120 g koekmeel, gesif
5 ml bakpoeier
knippie sout
Vir die vulsel:
1 blik boeliebeef
50 ml snoepuitjies, gesny
5 ml marmite
5 ml worcestersous
10 ml aangemaakte mosterd
2 ml sout
100 - 200 ml mayonnaise
3 eiers, hard gekook
sout, na smaak
peper, na smaak
paprika, na smaak
Smelt botter in kookwater. Roer meel, bakpoeier en sout by en meng tot 'n deeg. Rol uit en voer 'n tertbord van 24cm in deursnee met deeg uit. Bak by 200°C tot deeg effens bruin is. Meng vleis, uitjies, marmite, Worcestersous, mosterd en sout in 'n dubbele kastrol oor kookwater. Skep in gaar kors. Smeer mayonnaise egalig bo-oor en rasper eiers grof op mayonnaise. Geur met sout, peper en paprika. Warm op net voor opdiening, indien verkies.
Bron: Huisgenoot Wenresepte-omnibus deur Annette Human