150g botter
125g donker sjokolade
3 eiers
1 1/2 kp strooisuiker
1 teelepel vanielje-ekstrak
1/2 koppie koekmeel
1/2 koppie bruismeel
1 opgehoopte eeteelepel gemaalde amandel
1/4 koppie kakao
2 teelepel goeie kitskoffie
klein sjokolades
vars bessies
aarbeie
druiwe
versiersuiker
eetbare blomme
Mascarpone-room:
250g mascarpone teen kamertemperatuur
3 teelepel strooisuiker
saadjies van 1/2 vanieljepeul
125ml vars room
Plaas botter en donker sjokolade in hitte-bestande bak, plaas oor klein kastrol met water wat liggies prut, roer tot gesmelt, laat afkoel terwyl beslag voorberei word.
Klits eiers, suiker en vanielje saam in groot mengbak.
Klits 2 eetlepel louwarm sjokolade by, klits dan res by.
Voeg meel, amandel, kakao en koffiepoeier by, meng tot net glad.
Voer 22cm x 22cm koekpan met bakpapier, laat genoeg bakpapier oorhang om koek uit te lig.
Skep beslag in pan, maak bokant gelyk, bak in oond teen 170˚C (waaier) vir 15 minute, verlaag hitte na 165˚C (waaier) en bak vir ’n verdere 20 minute.
Verwyder uit oond en laat afkoel tot louwarm, gebruik ronde koekievorm en sny 6 tot 8 koekies uit, laat heeltemal afkoel.
Om te bedien:
Skep 1 of 2 teelepel *Mascarpone-room bo-op elke koekie, versier met bessies, klein sjokolades en ander vrugte, gebruik ’n klein siffie en strooi versiersuiker bo-oor, garneer met vars blomme.
Mascarpone-room:
Skep mascarpone in mengbak, voeg 2 teelepel strooisuiker en vanieljesaadjies by, meng tot glad.
Klits room en 1 teelepel strooisuiker saam in aparte mengbak tot sagte punte vorm, vou by mascarpone.
Bedek en plaas in yskas tot benodig.
(Mascarpone-room is meer as wat benodig word vir hierdie gereg, dit kan in yskas gehou word vir 2 tot 3 dae, bedien saam met vrugteslaai of ander gebak.)